Robert Boyle

Robert Boyle
Gebore 25 Januarie 1627
Lismore, County Waterford, Ierland
Oorlede 31 Desember 1691 (op 64)
Londen, Engeland
Nasionaliteit Ierland, later Engeland
Vakgebied fisika, chemie
Bekend vir Boyle se wet, stigter van die moderne chemie
Beïnvloed deur Galileo Galilei, Otto von Guericke, Francis Bacon, Samuel Hartlib
Invloed op Isaac Newton; word beskou as stigter van die moderne chemie
Toekennings Fellow of the Royal Society

Robert Boyle (25 Januarie 162731 Desember 1691) was 'n eksperimentele chemikus, filosoof wie se bydrae tot die veld van chemie aansienlik is in terme van sy eksperimentele werk. Verreweg die belangrikste nagevolg van sy studies is 'n chemiese wet wat as Boyle se Wet bekend staan en die optrede van 'n gas wat onder druk verkeer, beskryf. Boyle se Wet stel dit dat, mits die temperatuur dieselfde bly, die druk van 'n ideale gas in 'n omgekeerde verhouding staan tot die volume van die gas. Die vergelyking is dus: PV = c (waar “c” 'n konstante versimboliseer). Dit kan ook aangedui word as P1xV1=P2xV2.

Die ideale-gas-vergelyking (een van die fundamentele hoekstene in die studie van die eienskappe van gasse) word afgelei van Boyle se Wet (tesame met Charles se Wet en Avogadro se Hipotese).

Boyle het met die fisikus Robert Hooke meegewerk om die voorganger van die moderne lugpomp te ontwerp. Deur met lug te eksperimenteer, het Boyle onopsetlik die grondslag gelê vir die moderne verstandhouding van materie. Al is dit aanvanklik as belaglik afgemaak, het Boyle die idee wat tans algemeen aanvaar word – dat die ruimtes tussen die atome van vaste en vloeistowwe baie kleiner is as dié tussen die atome van gasse – verteoretiseer.

Boyle was die eerste chemikus om ons bewus te maak van indikators wat van kleur verander na gelang van die graad van suurheid van die vloeistof.

Die bydrae wat Boyle tot die wetenskap gemaak het, lê in sy posisie as voorvader van chemiese eksperimentering. Hy word as die eerste werklike eksperimentele chemikus beskou, wat omvattende notas van sy werk gemaak en dit gepubliseer het – 'n voorbeeld wat vandag deur alle professionele chemici nagevolg word.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search